Ons bied ‘n professionele Handyman diens in Mosselbaai en omliggende omgewing. Ek en my span doen algemene instandhouding van eindomme, opknappingswerk, verfwerk, los werkies (odd jobs), ongekompliseerde elektriese en loodgieter take, huishoudelike en kommersiële interne en eksterne herstelwerk, installasie werk, skoonmaak en herstel van dakke.
Ons is trots op ons kwaliteit werk. Alle werk word gelewer tot ‘n hoë standaard deur ‘n vriendelike en betroubare nutsman.
Ons kliënte sluit in eienaars van residensiële eindomme, verhuurders, klein besighede, huur agentskappe, private behuisingskomplekse, golf komplekse, ens.
![]() |
![]() |